Romans 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is, sodat ek saam met julle vertroos kan word deur die wedersydse geloof van julle en my.
Afrikaans (NLV) 2011
Eintlik bedoel ek dat ons mekáár dan oor en weer sal kan bemoedig deur ons gemeenskaplike geloof.
Afrikaans 1933/1953
dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
Afrikaans 1983
Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
of eerder, dat wanneer ek by julle is, ons wedersyds deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle geloof en julle deur myne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal julle mý geloof sterker maak, en ek sal júlle geloof sterker maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil graag ook iets van julle ontvang: julle groot geloof kan my aanspoor om nog harder vir die Here te werk. So kan ons mekaar help om die Here nog beter te dien.