Romans 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie, broeders, dat ek dikwels voorgeneem het om na julle te kom (maar tot dusver toegelaat is), sodat ek ook onder julle vrug kan dra, net soos onder ander heidene.
Afrikaans (NLV) 2011
Broers en susters, julle moet beslis weet dat ek my al dikwels voorgeneem het om na julle toe te kom. Ek hoop om ook onder julle ’n geseënde bediening te hê, net soos onder die ander nie-Jode waar ek gewerk het.
Afrikaans 1933/1953
Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.
Afrikaans 1983
Broers, ek wil hê julle moet weet dat, hoewel ek tot nog toe verhinder is, ek my dikwels voorgeneem het om julle te besoek om ook by julle, net soos by die ander heidennasies, mense vir Christus te wen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil nie hê dat julle hieroor onkundig moet wees nie, broers, dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom – alhoewel ek tot nou toe verhinder is – sodat ek ook onder julle 'n vrug kan verkry soos onder die ander heidene.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, dit is belangrik dat julle moet weet dat ek baie maal besluit het om na julle toe te kom, maar elke maal het iets gebeur, en dan kon ek nie kom nie. Ek wil na julle toe kom, want ek wil graag hê dat daar by júlle ook mense moet wees wat in Christus glo, soos dit ook by ander heidene gebeur het toe ek daar gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Weet julle hoeveel keer ek al probeer het om na julle toe te kom? Tot nou toe het daar elke keer iets voorgeval. Maar hou moed, ek is op pad. Ek beplan om ook daar in Rome vir julle en vir ander mense van Christus te vertel. Op hierdie manier sal daar ook by julle ’n ryk oes vir die Here ingesamel word.