Romans 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is skuldenaar teenoor die Grieke sowel as die Barbariërs; vir die wyse sowel as vir die onwyse.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het ’n groot verantwoordelikheid teenoor almal — maak nie saak of hulle van ons eie kultuur of van ’n ander kultuur is, of hoe opgevoed of onopgevoed hulle is nie.
Afrikaans 1933/1953
Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar.
Afrikaans 1983
Ek staan onder 'n verpligting teenoor Grieke en nie-Grieke, teenoor ontwikkeldes en ongeleerdes,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyses sowel as onverstandiges, staan ek in die skuld –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek moet al die mense dien: die Grieke en die mense wat nie Grieke is nie, die mense wat wysheid het en die mense wat nie wysheid het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is my plig om aan alle mense op aarde, Jode en nie-Jode, geleerdes en ongeletterdes, die goeie nuus oor Jesus Christus bekend te maak.