Romans 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soveel as wat dit in my is, is ek gereed om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom is ek gretig om ook aan julle in Rome die Goeie Nuus te verkondig.
Afrikaans 1933/1953
Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.
Afrikaans 1983
en vandaar my begeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
vandaar my hartsbegeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is hoekom ek ook graag by julle in die stad Rome die goeie boodskap wil bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom wil ek bitter graag na julle toe kom. Ook daar in Rome moet ek die goeie nuus laat weerklink.