Romans 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daarin word die geregtigheid van God geopenbaar uit geloof tot geloof: soos geskrywe is: Die regverdige sal uit die geloof lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”
Afrikaans 1933/1953
Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Afrikaans 1983
In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want daarin word geopenbaar dat die •geregtigheid van God geheel en al op geloof berus, soos daar geskryf staan: “Die regverdige op grond van geloof sal leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die goeie boodskap wys vir almal dat God doen wat reg is. Dit wys dat Hy mense vryspreek omdat hulle glo, en nét omdat hulle glo. Dit is soos in die Ou Testament geskryf is: Wanneer God mense vryspreek omdat hulle glo, dan sal hulle lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar staan immers in die Bybel geskryf: “Almal wat deur God van hulle sondes vrygespreek is omdat hulle glo, sal die ware lewe ken.”