Romans 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die toorn van God word uit die hemel geopenbaar oor alle goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid in ongeregtigheid hou;
Afrikaans (NLV) 2011
Van sy hemelse woonplek af maak God sy straf bekend oor die mense wat goddeloosheid en ongeregtigheid bedryf en so die waarheid onderdruk.
Afrikaans 1933/1953
Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,
Afrikaans 1983
God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die toorn van God word vanaf die hemel geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat volhou om die waarheid deur ongeregtigheid te probeer onderdruk,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God wat in die hemel woon, straf al die mense wat Hom nie dien nie. Almal kan sien dat Hy hulle straf. Hy straf hulle omdat hulle baie verkeerde dinge doen, so baie verkeerde dinge dat nie een van hulle weet wat die waarheid is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Uit sy hemelse woonplek wys God dat Hy baie kwaad is oor al die sondige dinge wat die mense hier op die aarde aanvang. Hulle verruil die waarheid vir leuens.