Romans 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af duidelik gesien word deur die dinge wat gemaak is, naamlik sy ewige krag en Godheid; sodat hulle sonder verskoning is:
Afrikaans (NLV) 2011
Want hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie.
Afrikaans 1933/1953
Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Afrikaans 1983
Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, word van die skepping van die wêreld af in sy werke begryp en is duidelik sigbaar. Gevolglik is hulle sonder verontskuldiging;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense sien van die begin af alles wat God gemaak het. Hulle kan nie vir God sien nie, maar hulle kan verstaan dat Hy altyd sterk is en dat Hy God is. Hulle kan dit weet omdat hulle sien wat Hy gedoen het. Daarom kan hulle nie sê dat hulle dit nie weet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie.