Romans 1:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En het die heerlikheid van die onverganklike God verander in 'n beeld wat gelyk is aan die verganklike mens en aan voëls en viervoetige diere en kruipende diere.
Afrikaans (NLV) 2011
dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld.
Afrikaans 1933/1953
en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
Afrikaans 1983
In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het naamlik die heerlikheid van die onsterflike God verruil vir 'n afbeelding soos dié van 'n sterflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is Koning, Hy kan nooit sterf nie, maar hulle dien Hom nie. Hulle kies om afgode te dien, beelde wat lyk soos mense, mense wat sterf, of beelde wat lyk soos voëls of diere of slange.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense het selfs so ver gegaan om hulle eie gode te maak. Hulle het die voorreg om die ewige God te ken gaan staan en verruil vir ’n spul handgemaakte gode. Nou buig hulle voor dié lewelose afbeeldings van mense, voëls, diere en reptiele.