Romans 1:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het God hulle aan skandelike geneenthede oorgegee, want selfs hulle vroue het die natuurlike gebruik verander in dit wat teen die natuur is.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die natuur is, naamlik dié met ander vroue.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is;
Afrikaans 1983
Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in 'n teen-natuurlike omgang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom het God hulle oorgegee aan oneerbare drange, want hulle vroue het die natuurlike seksuele omgang verruil vir omgang wat teen die natuur is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom los God hulle om die onsedelike dinge te doen wat hulle graag wil doen. Hulle vroue het seks met ander vroue, maar dit is iets wat mense nie mag doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het al hierdie sondaars oorgegee aan hulle siek begeertes. Daarom het vroue begin om die normale seksuele gemeenskap met mans te verruil vir abnormale seksuele gemeenskap met ander vroue.