Romans 1:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En selfs omdat hulle nie daarvan gehou het om God in hulle kennis te behou nie, het God hulle oorgegee aan 'n verworpe gesindheid, om die dinge te doen wat nie gerieflik is nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Inderdaad, omdat hulle geweier het om aan God die erkenning te gee wat Hy verdien, het Hy hulle oorgegee aan hulle skewe ingesteldheid. Gevolglik doen hulle allerlei onbehoorlike dinge.
Afrikaans 1933/1953
En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
Afrikaans 1983
En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En omdat hulle dit as verwerplik beskou het om aan God erkenning te gee, het God hulle oorgegee aan 'n verwerplike denkwyse, sodat hulle onbetaamlik optree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle wil nie vir God ken en Hom dien nie. Daarom los God hulle sodat hulle slegte dinge kan dink en dinge kan doen wat mense nie moet doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat hierdie mense glad nie daarin belangstel om God op die regte manier te ken nie, het Hy toegelaat dat hulle kan dink net wat hulle wil en doen wat hulle wil.