Romans 1:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
nuusdraers, haters van God, trotsaards, grootpraters, uitvinders van bose dinge, ongehoorsaam aan ouers,
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle steek kwaad, haat God en is arrogant, hooghartig en verwaand; hulle is vindingryk om slegte dinge te bedink en ongehoorsaam aan hulle ouers;
Afrikaans 1933/1953
nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
Afrikaans 1983
praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
kwaadstokers, haters van God, brutaal, hooghartig en grootdoenerig, vindingryk om slegte dinge te bedink, ongehoorsaam aan hulle ouers;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
hulle sê slegte dinge van ander mense. Hulle haat God, hulle is hoogmoedig, hulle dink hulle is baie goed en hulle hou daarvan om te spog. Hulle dink altyd aan nuwe slegte dinge om te doen. Hulle luister nie vir hulle ouers nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle harte loop oor van slegte dinge soos jaloesie, moord, twis, bedrog, kwaadpratery en ’n geskinder. Hulle steek mekaar in die rug en hulle haat God. Boonop dink hulle heeltemal te veel van hulleself. Hulle praat groot. Elke dag dink hulle ’n spul nuwe sondes uit. Hulle haat hulle ouers.