Romans 1:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat die oordeel van God ken, dat hulle wat sulke dinge doen die dood verdien, nie alleen dieselfde doen nie, maar behae het in die wat dit doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is.
Afrikaans 1933/1953
mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Afrikaans 1983
Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
– mense wat die voorskrif van God ken, naamlik dat die mense wat hierdie dinge doen, die dood verdien. Tog doen hulle dit nie net nie, maar praat hulle dit boonop goed wanneer ander dit doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle weet dat God se wette sê Hy sal mense straf as hulle daardie verkeerde dinge doen, Hy sal hulle laat sterf. Maar hulle hou aan om die verkeerde dinge te doen en hulle sê ook dit is goed wanneer ander mense daardie dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Natuurlik weet hulle hoe God wil hê hulle moet leef. En hulle weet ook dat die doderyk op hulle wag. Tog hou hulle aan met al hulle booshede. En asof dit nie erg genoeg is nie, moedig hulle ander mense aan om hulle slegte voorbeeld te volg.