Romans 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en met krag verklaar is dat hy die Seun van God is, volgens die gees van heiligheid, deur die opstanding uit die dode:
Afrikaans (NLV) 2011
Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref — sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!
Afrikaans 1933/1953
en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
Afrikaans 1983
op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat na die Gees van heiligheid op grond van sy opstanding uit die dood kragtig aangedui is as die •Seun van God – Jesus Christus, ons Here,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Seun het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom het die Heilige Gees gesê Christus is die Seun van God wat alles kan doen. Ja, Hy is Jesus Christus ons Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Jesus na sy kruisiging uit die dood opgestaan het, het die Heilige Gees aan Hom die heel belangrikste posisie in die hemel gegee. Hy is daar in die hemel triomfantlik as die Seun van God aangewys. Daarom besit Hy nou al die mag in die hemel en op die aarde.