Romans 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan almal wat in Rome is, geliefdes van God, geroep om heiliges te wees: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf aan julle almal in Rome — julle vir wie God liefhet en vir wie Hy geroep het om sý mense te wees. Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.
Afrikaans 1933/1953
aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Afrikaans 1983
Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan al die geliefdes van God wat in Rome is, geroepe heiliges: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek skryf hierdie brief vir julle almal wat in die stad Rome is. God is lief vir julle, Hy het julle gekies om aan Hom te behoort. Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek skryf hierdie brief aan julle almal in Rome. God het julle baie lief. Hy het julle eenkant gesit vir Homself sodat julle Hom voltyds kan dien. Die goedheid en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus is by julle.