Romans 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Eerstens dank ek my God deur Jesus Christus vir julle almal, dat daar oor die hele wêreld van julle geloof gepraat word.
Afrikaans (NLV) 2011
Hier heel aan die begin wil ek vir julle vertel hoe ek vir God in die Naam van Jesus Christus dankie sê vir elkeen van julle, want die hele wêreld praat van julle geloof.
Afrikaans 1933/1953
In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.
Afrikaans 1983
Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Heel eerste dank ek my God deur Jesus •Christus oor julle almal, omdat julle geloof oor die hele wêreld verkondig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek wil eers vir Jesus Christus vra om vir my God te sê dat ek dankie sê, want oral in die wêreld praat die mense daaroor dat julle in Christus glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek kan nie anders as om deur Jesus Christus vir my God dankie te sê dat mense oor die hele wêreld van julle geloof praat nie.