Romans 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want God is my getuie, wat ek met my gees dien in die evangelie van sy Seun, dat ek sonder ophou van julle altyd in my gebede melding maak;
Afrikaans (NLV) 2011
Dié God wat ek met hart en siel dien deurdat ek hierdie Goeie Nuus omtrent sy Seun uitdra, is my getuie dat julle dag en nag in my gedagtes is.
Afrikaans 1933/1953
Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink
Afrikaans 1983
God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God, wat ek met my hele wese dien deur die evangelie van sy Seun, is my getuie dat ek gedurig aan julle dink
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek dien God met my hele hart en ek bring vir mense die goeie boodskap oor die Seun van God. Ek dink altyd aan julle, God weet dit is waar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En God, wat ek met my hele lewe dien omdat ek die goeie nuus oor sy Seun bekendmaak, weet dat julle nooit uit my gedagtes is nie.