Romans 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar eer, eer en vrede vir elke man wat goed doen, eerste vir die Jood en ook vir die heiden;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar daar wag heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat aanhou met goeddoen — in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood.
Afrikaans 1933/1953
maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
Afrikaans 1983
Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar heerlikheid, eer en vrede wag vir elkeen wat die goeie doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar God sal baie goed wees vir die mense wat goeie dinge doen. Hulle sal soos konings wees, almal sal hulle respekteer, en God sal vir hulle vrede gee, eerste vir die Jode en dan vir die mense wat nie Jode is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aan die ander kant wag daar ’n wonderlike tyd van vrede op almal wat doen wat God vra. Hy sal hulle met groot eer beklee. Dit geld ook vir alle mense, Jode sowel as nie-Jode.