Romans 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet omkom; en almal wat in die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
Afrikaans (NLV) 2011
Want almal wat sonder die wet gesondig het, sal ook sonder die wet verlore gaan. En almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet veroordeel word.
Afrikaans 1933/1953
Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
Afrikaans 1983
Almal wat sonder die wet van Moses gesondig het, sal ook sonder die wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, oor hulle sal volgens die wet geoordeel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat sonder die wet gesondig het, sal ook sonder die wet verlore gaan, maar almal wat binne die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het nie sy wette vir al die mense gegee nie. Daar is mense wat nie God se wette het nie. As húlle sonde doen, dan sal hulle verlore gaan. Maar party mense het God se wette. As húlle sonde doen, dan wys die wette dat hulle sonde gedoen het en dat God hulle sal straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As jy God se wet oortree, is die doderyk jou voorland. Uit en gedaan. Dit help nie om te sê dat jy nie aan Israel behoort nie en dat jy nie God se wet ken nie. Hy sal jou ook straf as jy teen sy wil leef. As jy egter aan die volk van Israel behoort en teen God sondig, sal Hy jou veroordeel volgens alles wat in die wet geskryf staan.