Romans 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Want nie die hoorders van die wet is regverdig voor God nie, maar die daders van die wet sal geregverdig word.
Afrikaans (NLV) 2011
Want dit is nie die blote aanhoor van die wet wat mense vrymaak van God se oordeel nie; dit is hulle wat God se wet gehoorsaam wat God se vryspraak ontvang.
Afrikaans 1933/1953
omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
Afrikaans 1983
Nie dié wat die wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die wet sê, sal vrygespreek word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is tog nie die blote hoorders van die wet wat voor God regverdig is nie, maar dit is die daders van die wet wat geregverdig sal word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want God spreek nie mense vry omdat hulle die wette ken nie. God spreek hulle vry as hulle dóén wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie dink dat God mense van hulle sondes vryspreek bloot net omdat hulle gereeld na die wet luister nie. Nee, Hy spreek net daardie mense vry wat alles doen wat die wet sê.