Romans 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want wanneer die heidene, wat nie die wet het nie, van nature die dinge doen wat in die wet vervat is, is hierdie, sonder die wet, vir hulleself 'n wet;
Afrikaans (NLV) 2011
Wat nou die nie-Jode betref wat nie God se geskrewe wet het nie — as hulle instinktief die vereistes van die wet nakom, selfs al het hulle nie die wet nie, stel hulle vir hulleself ’n wet.
Afrikaans 1933/1953
Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie;
Afrikaans 1983
Wanneer heidene, wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself 'n wet al het hulle nie die wet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want wanneer die heidene, wat nie oor die wet beskik nie, van nature tog die vereistes van die wet nakom, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle nie die wet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die heidene het nie God se wette nie, maar partymaal besluit hulle self wat reg is en dan doen hulle dinge wat die wette sê. Hulle het nie God se wette nie, maar hulle lewe dan soos mense wat God se wette het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense wat nie aan die volk van Israel behoort nie, is natuurlik nie so gelukkig om God se wet op skrif te hê nie. Wanneer hulle egter doen wat God in sy wet vra, wys hulle mos dat die wet vir almal op aarde geld.