Romans 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, jy word 'n Jood genoem, en jy berus op die wet en roem jou op God,
Afrikaans (NLV) 2011
Jy dra die naam van ’n Jood. Jy vertrou daarop dat jy oor die wet van God beskik en jy spog daarmee dat jy ’n spesiale verhouding met God het.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,
Afrikaans 1983
Jy, jy sê jy is 'n Jood, jy verlaat jou op die wet van Moses, jy beroem jou daarop dat God jou God is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy noem jouself tog 'n Jood, jy maak staat op die wet en jy beroem jou op God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy sê jy is 'n Jood, jy sê God se wette is vir jou baie belangrik en jy spog en sê God is jou God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy spog so graag oor jou Joodse afkoms en jou wet. Jy vertel vir almal dat God jou God is en dat jy sy wil ken.