Romans 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy is vol vertroue dat jy self 'n gids van die blindes is, 'n lig van die wat in duisternis is,
Afrikaans (NLV) 2011
Jy beskou jouself as ’n gids vir die blindes, ’n ligbaken vir mense wat in die donker verkeer — sonder God.
Afrikaans 1933/1953
en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is,
Afrikaans 1983
Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir dié wat in die duisternis is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir diegene in die duisternis,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy dink jy kan ander mense help soos 'n mens iemand help wat blind is of soos 'n mens lig maak vir mense wat in die donker is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat jy so danig belangrik is in jou eie oë, het jy jouself aangestel om mense wat nog in die donker rondlê na die lig toe te lei. Jy dink dat jy net die regte een is om die blindes na God toe te bring.