Romans 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Leermeester van die dwase, 'n leraar van kindertjies, wat die gedaante van kennis en waarheid in die wet het.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy dink jy kan die onkundiges onderrig en die beginners touwys maak omdat die wet vir jou die beliggaming van alle kennis en waarheid is.
Afrikaans 1933/1953
'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het
Afrikaans 1983
'n leermeester van dié wat onkundig is, 'n onderwyser van dié wat niks weet nie, omdat die wet vir jou die samevatting is van kennis en waarheid —
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n leermeester vir die onkundiges, 'n onderwyser vir klein kindertjies, omdat jy in die wet die beliggaming van kennis en waarheid het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy dink jy is soos iemand wat vir mense leer, mense wat niks verstaan nie. Jy dink jy is soos 'n onderwyser wat vir kindertjies leer. Jy dink dat alles wat 'n mens moet weet in God se wette is en dat al die waarheid in die wette is, en jy hét daardie wette.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy beskou jouself as die groot leermeester van almal wat niks weet nie, as die onderwyser van almal wat nog maar kinders in die geloof is. Jy dink dat jy al die kennis en waarheid in pag het.