Romans 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy dan wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek 'n mens mag nie steel nie, steel jy?
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe is dit dan dat jy wat vir ander leermeester speel, nie jou eie lesse ernstig opneem nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy nie ook self nie?
Afrikaans 1933/1953
jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
Afrikaans 1983
jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy dan, wat iemand anders onderrig, onderrig jy nie jouself nie? Jy wat verkondig dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy self?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar jy dink verkeerd. Jy leer vir ander mense, maar jy leer nie vir jouself nie. Jy sê vir ander mense hulle mag nie steel nie, maar jy self steel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ek wil jou ’n vraag vra. Jy wat so vinnig is om ander mense te leer hoe hulle moet leef, hoekom doen jy nie ’n slag wat jy leer nie? Jy preek graag vir ander dat hulle nie mag steel nie. Maar wat van jou? Steel jy nie?