Romans 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy wat sê dat 'n man nie egbreuk mag pleeg nie, pleeg jy egbreuk? jy wat afgode verafsku, pleeg jy heiligmaking?
Afrikaans (NLV) 2011
Jy wat sê dat ’n mens nie egbreuk mag pleeg nie, maak jy jou nie ook daaraan skuldig nie? Jy wat die afgode verafsku, doen jy nie ook mee aan die berowing van die tempels van die nie-Jode nie?
Afrikaans 1933/1953
Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
Afrikaans 1983
Jy wat sê 'n mens mag nie egbreuk pleeg nie, pleeg jy nie egbreuk nie? Jy wat 'n afsku het van afgode, beroof jy nie hulle tempels nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy wat sê 'n mens mag nie egbreuk pleeg nie, pleeg jy egbreuk? Jy wat die afgode verafsku, pleeg jy tempelroof?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy sê vir ander mense hulle mag nie egbreuk pleeg nie, maar jy self pleeg egbreuk. Jy sê jy haat afgode, maar jy steel goed uit die afgode se tempels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy sê dat ’n mens nie ontrou aan jou huweliksmaat mag wees nie. Wat van jou? Maak jy jou nie skuldig aan ongeoorloofde seksuele verhoudings nie? Jy vertel hoe jy die afgode haat. Maar intussen leef jy net soos daardie spul wat hierdie afgode aanbid.