Romans 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die Naam van God word deur julle onder die heidene gelaster, soos geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011
Geen wonder nie dat die Skrif sê: “Julle veroorsaak dat God se Naam onder die nie-Joodse nasies sleggemaak word.”
Afrikaans 1933/1953
Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.
Afrikaans 1983
Inderdaad, soos daar geskrywe staan, “as gevolg van julle optrede word die Naam van God deur die heidennasies belaster.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want “die Naam van God word deur julle toedoen onder die heidene belaster”, soos daar geskryf staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom gebeur wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Julle doen verkeerde dinge, en daarom praat die heidene sleg van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is oor mense soos jy dat die profeet geskryf het: “Julle sondes maak dat ongelowiges allerhande lasterlike dinge oor God sê.”