Romans 2:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, is jou besnydenis onbesnedenheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Die besnydenis beteken wel vir jou iets as jy God se wet gehoorsaam. Maar as jy die wet oortree, is jy niks beter daaraan toe as ’n onbesnede nie-Jood nie.
Afrikaans 1933/1953
Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
Afrikaans 1983
Die besnydenis het waarde alleen as jy die wet van Moses onderhou. Maar as jy die wet voortdurend oortree, is jou besnydenis niks anders as onbesnedenheid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die besnydenis is inderdaad van nut as jy die wet nakom, maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnedenheid onbesnedenheid geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy doen wat God se wette sê, dan is dit goed dat jy besny is. Maar as jy nie doen wat God se wette sê nie, dan beteken dit niks dat jy besny is nie, dan is jy soos die mense wat nie besny is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy sê dat jy die merkteken van die besnydenis aan jou liggaam dra. Natuurlik is dit belangrik, maar dan net as jy álles doen wat die wet van jou vra. As jy aan die wet ongehoorsaam is, kon jy maar net sowel nie besny gewees het nie.