Romans 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As die onbesnedene dan die geregtigheid van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid nie as die besnydenis gereken word nie?
Afrikaans (NLV) 2011
En as die onbesnede nie-Jode die bepalings van die wet nakom, sal God hulle dan nie beskou as besnedenes nie?
Afrikaans 1933/1953
As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
Afrikaans 1983
As die onbesnedene die voorskrifte van die wet onderhou, sal God dan nie sy onbesnedenheid as besnedenheid reken nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En as onbesnede mense die voorskrifte van die wet uitvoer, sal hulle onbesnedenheid dan nie tot besnedenheid gereken word nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As mense nie besny is nie en hulle doen wat God se wette sê, dan sal God sê dit maak nie saak dat hulle nie besny is nie. Hulle is dan vir God dieselfde soos die mense wat besny is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die omgekeerde is ook waar: wanneer mense wat nie besny is nie, doen wat God in sy wet vra, is hulle in sy oë besny.