Romans 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sal die onbesnedenheid wat van nature is, as dit die wet vervul, jou nie oordeel wat deur die letter en die besnydenis die wet oortree nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, as iemand wat kragtens geboorte onbesnede is, tog God se wet gehoorsaam, sal dit selfs téén jou tel — jy wat met die letter van die wet, besnydenis en al, tog God se wet verbreek!
Afrikaans 1933/1953
En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie?
Afrikaans 1983
Ja, iemand wat kragtens sy afkoms 'n onbesnedene is, maar tog die wet onderhou, sal jou selfs veroordeel, vir jou wat met wetsvoorskrifte en besnydenis en al die wet oortree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boonop sal die mense wat van nature onbesnede is en tog die wet nakom, oordeel oor jou, wat ten spyte van die letter van die wet en die besnydenis 'n wetsoortreder is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat nie besny is nie en wat doen wat God se wette sê, sal wys dat jy verkeerd is. Jy het die wette van God en jy is besny, maar jy doen nie wat die wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op die ou end gaan hierdie mense wat nie besny is nie nog oor jou oordeel, want met jou wet en jou besnydenis doen jy steeds nie wat God se wet vra nie.