Romans 2:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy is nie 'n Jood wat dit uiterlik is nie; ook nie die besnydenis wat in die openbaar in die vlees is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy is nie ’n ware Jood bloot omdat jy in die openbaar as ’n Jood bekend staan of omdat jy uitwendig besny is nie.
Afrikaans 1933/1953
Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie d¡t is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
Afrikaans 1983
Nie hy is 'n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want om 'n Jood te wees, is nie iets uiterliks nie, en besnydenis is nie iets wat uiterlik aan die liggaam geskied nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[28-29] Wie is die ware Jode? Dit is nie die mense wat vir ander mense lyk soos Jode nie. Nee, hulle moet in hulle hárte Jode wees. As mense se liggame besny is, dan is hulle nog nie regtig besny nie. Hulle hárte moet besny wees. Dit beteken: Dit is nie belangrik dat mense se liggame besny is nie, dit is belangrik dat die Heilige Gees in hulle harte is. Dán sal Gód hulle prys, nie ander mense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verstaan jy dan nie dat daardie teken aan jou lyf nog nie van jou ’n ware Israeliet maak nie?