Romans 2:29 — Compare Translations
6 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy is 'n Jood wat dit innerlik is; en die besnydenis is dié van die hart, in die gees en nie in die letter nie; wie se lof nie uit mense kom nie, maar aan God.
Afrikaans (NLV) 2011
Inteendeel, die ware Jood is dié een wat dit in sy binneste is. En die ware besnydenis is nie dié een wat aan jou liggaam verrig word nie; nee, dit is die besnydenis van jou hárt wat deur die Gees van God verrig word, nie deur wetsvoorskrifte nie. Só ’n persoon ontvang lof — nie van mense nie, maar van God.
Afrikaans 1933/1953
maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Afrikaans 1983
Nee, hy is 'n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
inteendeel, iemand is innerlik 'n Jood en besnydenis is iets van die hart, geestelik, nie letterlik nie. Só iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Ware Jood is iemand wie se lewe van binne af verander het. Dit is iemand wie se hart deur God besny is. Jy is nie ’n Jood bloot omdat jy die regte afkoms het nie. Glad nie. Leef daarom so dat God trots sal wees op jou.