Romans 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan hulle wat deur geduldige volharding in weldade soek na heerlikheid en eer en onsterflikheid, die ewige lewe:
Afrikaans (NLV) 2011
Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee.
Afrikaans 1933/1953
aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
Afrikaans 1983
aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
die ewige lewe aan diegene wat deur volgehoue goeie werke streef na heerlikheid, eer en onsterflikheid,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party mense hou aan om goeie dinge te doen, want hulle wil graag hê God moet hulle eendag soos konings maak. Hulle wil hê mense moet hulle respekteer, en hulle wil aanhou lewe. God sal vir hulle die ewige lewe gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die ewige lewe wag op almal wat goed doen en wat aan Hom die eer gee. Mense wat hulle uiterste bes doen om God te gehoorsaam, sál die ewige lewe as ’n geskenk uit sy hand ontvang.