Romans 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verdrukking en benoudheid oor elke siel van die mens wat kwaad doen, eerste van die Jood en ook van die nie-Jood;
Afrikaans (NLV) 2011
Daar wag swaarkry en benoudheid vir elke mens wat aanhou kwaad doen — in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood.
Afrikaans 1933/1953
verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
Afrikaans 1983
Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verdrukking en benoudheid wag vir elke mens wat aanhou kwaad doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, God sal ál die mense straf wat verkeerd doen. Hy sal hulle laat swaarkry, en dit sal sleg gaan met hulle, met hulle almal, eerste die Jode en dan die mense wat nie Jode is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar lê ’n bitter moeilike tyd voor vir elkeen wat in sonde leef. Dit geld vir alle mense op aarde, Jode sowel as nie-Jode.