Romans 3:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom kom ons tot die gevolgtrekking dat 'n mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsgehoorsaming nie.
Afrikaans 1933/1953
Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
Afrikaans 1983
Ons betoog is tog dat 'n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons is immers daarvan oortuig dat 'n mens regverdig verklaar word deur die geloof, sonder die uitvoering van die wet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, ons weet God spreek mense vry omdat hulle glo, nie omdat hulle doen wat die wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God spreek mense vry slegs omdat hulle glo, nie omdat hulle die wet gehoorsaam nie.