Romans 3:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is Hy net die God van die Jode? is hy nie ook van die heidene nie? Ja, ook van die heidene:
Afrikaans (NLV) 2011
Per slot van sake is God nie net ’n God van die Jode nie, maar ook van die nie-Jode.
Afrikaans 1933/1953
Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,
Afrikaans 1983
Of is God net God van die Jode, nie ook van die heidennasies nie? Ja, ook van die heidennasies,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Of is God net die God van Jode? Is Hy nie ook God van nie-Jode nie? Ja, ook van nie-Jode,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is nie net die God van die Jode nie, Hy is ook die God van die heidene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie goeie nuus geld vir die Jode sowel as vir ander volke. Die Jode het mos nie die alleenreg op God nie.