Romans 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God verhoed dit: ja, laat God waaragtig wees, maar elke mens 'n leuenaar; soos geskrywe is: Sodat jy geregverdig kan word in jou woorde en oorwin kan word as jy geoordeel word.
Afrikaans (NLV) 2011
Beslis nie! Al sou elke mens ’n leuenaar wees — God se waaragtigheid staan steeds vas. Soos die Skrif sê: “U sal reg bewys word in wat U sê, en U sal u regsaak wen.”
Afrikaans 1933/1953
Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
Afrikaans 1983
Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: “U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoegenaamd nie. Al is elke mens vals, laat God waaragtig wees. Soos daar geskryf staan, “sodat U reg bewys kan word deur u woorde, en U sal wen wanneer U oordeel”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê, dan is dit reg. Mense wat probeer om vir U te beskuldig, verloor altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, beslis nie. God hou altyd sy woord. Hy bly lojaal selfs al lieg en bedrieg almal op aarde. Dit is soos een van die psalms sê: “Dit wat U sê, is reg. U wen altyd u saak wanneer mense U beskuldig dat U ontrou is.”