Romans 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God prys, wat sal ons sê? Is God onregverdig wat wraak neem? (Ek praat as 'n man)
Afrikaans (NLV) 2011
“Maar,” kan party sê, “dan dien ons ongeregtigheid tog ’n goeie doel, want as God ons ten spyte van ons sondes vryspreek, sal dit vir die mense wys hoe wonderlik goed Hy is. En dan sou God mos onregverdig wees as Hy die sonde wel straf!” Ja, so sou mense nogal geneig wees om te redeneer.
Afrikaans 1933/1953
Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.
Afrikaans 1983
Ons verkeerde dade laat dus blyk dat God regverdig is. Wat sal ons daarvan sê? Ek redeneer soos mense gewoonlik redeneer. Is God dan nie onregverdig as Hy ons straf nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar as ons ongeregtigheid die regverdigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God dan onregverdig – ek redeneer nou soos 'n mens – wanneer Hy sy toorn oor ons bring?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party mense sê dat wanneer ons verkeerde dinge doen, dan kan 'n mens beter sien dat God altyd reg doen. Moet ons dan sê God is verkeerd wanneer Hy ons straf?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God is heeltemal reg as Hy ons straf as ons verkeerde dinge doen. Sy straf is mos nie ’n teken dat Hy nou skielik onregverdig is nie. (Nou praat ek op ’n doodgewone manier.)