Romans 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nie eerder, soos ons lasterlik gerapporteer word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie kan kom nie? wie se verdoemenis regverdig is.
Afrikaans (NLV) 2011
Volgens hierdie absurde redenasie sou ons moes sê: “Kom ons doen die slegte sodat die goeie daaruit kan voortkom!” Dié wat sulke onsin verkondig, verdien tereg God se oordeel — en tog belaster sommige mense my deur te beweer dis presies wat ek preek!
Afrikaans 1933/1953
En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
Afrikaans 1983
Beteken dit dat ons sê: Laat ons die verkeerde doen sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet ons nie sê – soos wat ons belaster word, en soos sommige ons dit in die mond lê, “kom ons doen die slegte, sodat die goeie daaruit kan voortkom” nie? Tereg verdien sulke mense hulle veroordeling.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is mense wat verkeerd van ons praat. Hulle sê ons sê dat ons slegte dinge moet doen sodat daar goeie dinge met ons kan gebeur. Maar hulle praat nie die waarheid nie. God moet hulle straf, en Hy sal dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit bied glo aan Hom die geleentheid om te wys dat Hy die waarheid gepraat het toe Hy gesê het dat Hy sondaars vergewe. Die ergste van alles is dat hierdie mense agter my rug sê dat hulle dit by my gehoor het. Natuurlik is dit ’n leuen. Ek verkondig nie sulke dinge nie. Die mense wat dit oor my sê, sal hulle verdiende straf kry.