Ruth 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sou julle vir hulle vertoef totdat hulle groot is? sou jy vir hulle bly om mans te hê? nee, my dogters; want dit is vir my baie bedroef om julle ontwil dat die hand van die HERE teen my uitgegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
sal julle kan wag totdat hulle groot is? Sal julle tot dan toe ongetroud kan bly? Natuurlik nie, my dogters! Dit is vir my baie swaarder as vir julle, want die Here het baie swaarkry oor my laat kom.”
Afrikaans 1933/1953
sou julle in die geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in die geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.
Afrikaans 1983
sou julle kon wag tot hulle groot is? Sou julle julle ondertussen daarvan kon weerhou om te trou? Dit is onmoontlik, my dogters. Nee, my lot is swaarder as julle s'n: die Here het teen my gedraai.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sal julle vir hulle kan wag totdat hulle groot is? Sal julle om daardie rede julleself daarvan weerhou om te trou? Nee, my dogters, dit is vir my baie swaarder as vir julle. Die Here het immers sy hand teen my uitgestrek. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan sal julle nie kan wag totdat hulle groot is nie. Julle sal wil trou. Nee, my dogters, die Here laat my swaarkry, die lewe is bitter vir my, meer bitter as vir julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaan julle wag tot hulle oud genoeg is om mee te trou? Gaan julle die kans om weer ’n goeie man te kry by julle laat verbygaan? Nee, my dogters, dis nie nodig nie. Dis erg genoeg dat ek voel die Here het die rug vir my gedraai. Moenie dit vir my en vir julleself nog swaarder maak nie.”