Ruth 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waar jy sterwe, sal ek sterwe, en daar sal ek begrawe word; so sal die HERE aan my doen, en so meer, as die dood jou en my net skei.
Afrikaans (NLV) 2011
Waar u doodgaan, sal ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die Here dit so laat gebeur. Net die dood ons sal skei.”
Afrikaans 1933/1953
Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen -- net die dood sal skeiding maak tussen my en u.
Afrikaans 1983
waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waar u sterf, sal ek sterf, en daar sal ek begrawe word. “Die Here kan my maar swaar straf as ek nie woord hou nie: Net die dood sal ons skei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Waar jy sterf, wil ek ook sterf, en daar moet die mense my begrawe. Die Here is my getuie. Net die dood sal ons twee skei van mekaar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar waar Ma eendag doodgaan, wil ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die Here iets slegs aan my doen as iets anders as die dood ons twee sal skei.”