Ruth 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê vir hulle: Noem my nie Naomi nie, noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterlik gehandel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Moet my nie meer Naomi noem nie,” sê sy vir hulle. “Noem my nou liewer Mara, want die Almagtige het my lewe bitter gemaak.
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naomi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.
Afrikaans 1983
Hierop het Naomi vir hulle gesê: “Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het vir hulle gesê: “Moet my nie Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het dit vir my baie bitter gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Naomi het vir die mense gesê: “Julle moet my nie Naomi noem nie, julle moet my nou ‘Bitter’ noem, want die Almagtige God het my lewe vir my baie bitter gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Moenie my Naomi noem nie,” sê sy toe, “noem my eerder Mara (wat bitter beteken), want vandat ons hier weg is tot nou toe het dit bitter swaar met my gegaan. Dit voel vir my of die Almagtige met al sy gewig op my kom druk het en ek nie meer een tree vorentoe kan gee nie.