Ruth 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het vol uitgegaan, en die HERE het my leeg teruggebring; waarom noem julle my dan Naomi, aangesien die HERE teen my getuig en die Almagtige my verdruk het?
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het vol hier weggegaan, maar die Here het my leeg laat terugkom. Hoekom sal julle my nog Naomi noem as die Here teen my gedraai het en die Almagtige soveel ellende oor my laat kom het?”
Afrikaans 1933/1953
Vol het ek weggetrek, maar leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naomi noem, terwyl die HERE teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?
Afrikaans 1983
My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het 'n ramp oor my gebring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met 'n vol lewe is ek hier weg, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom my Naomi noem terwyl die Here my teenstander geword het en die Almagtige my kwaad aangedoen het?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het hier weggegaan met baie, maar die Here het my met niks laat terugkom. Die Here, die Almagtige God, het my laat swaarkry, Hy het dit sleg laat gaan met my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe ek hier weg is, was my lewe nog vol. Ek het toe ’n man en kinders gehad, maar die Here het my dolleeg laat terugkom huis toe, sonder my gesin. Hoekom sou julle my dan nog Naomi wil noem? Dit voel vir my of selfs die Here die rug vir my gedraai het; asof die Here vir wie niks onmoontlik is nie, besluit het ek moet maar self verder regkom.”