Ruth 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Naomi teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter, saam met haar, wat uit die land Moab teruggekeer het; en hulle het in Betlehem aangekom in die begin van die garsoes.
Afrikaans (NLV) 2011
So het Naomi uit Moab teruggekom met haar skoondogter Rut, die jong Moabitiese vrou, by haar. Dit was met die begin van die garsoes dat hulle in Betlehem aangekom het.
Afrikaans 1933/1953
So het Naomi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.
Afrikaans 1983
So het Naomi uit Moab teruggekom en Rut, haar Moabitiese skoondogter, was by haar. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So het Naomi teruggekeer. Haar skoondogter, Rut die Moabiet, het saam met haar teruggekom uit die gebied van Moab. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So het Naomi teruggekom uit die land Moab, en Rut, haar Moabitiese skoondogter, het saam met haar gekom. Hulle het in Betlehem gekom toe die mense begin het om die gars af te sny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is dan hoe Naomi en haar skoondogter Rut, ’n jong Moabitiese vrou, uit Moab na Betlehem teruggekom het. Hulle het aan die begin van die garsoes daar aangekom.