Ruth 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Mahlon en Kiljon het ook albei gesterf; en die vrou het oorgebly van haar twee seuns en haar man.
Afrikaans (NLV) 2011
In hierdie tyd is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi het alleen agtergebly, sonder ’n man en sonder seuns.
Afrikaans 1933/1953
En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,
Afrikaans 1983
Toe haar twee seuns Maglon en Kiljon ook sterf, het sy alleen agtergebly sonder haar seuns en sonder haar man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
toe is ook die twee seuns, Maglon en Kiljon, dood. Die vrou het alleen agtergebly, sonder haar twee kinders en sonder haar man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het haar seuns ook gesterf, en Naomi het alleen oorgebly. Haar man en haar seuns was dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab.