Ruth 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het sy haar klaargemaak met haar skoondogters om terug te keer uit die land van Moab; want sy het in die land van Moab gehoor dat die HERE sy volk besoek het deur aan hulle brood te gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Naomi het daar in Moab gehoor dat die Here sy volk in Juda met goeie oeste geseën het. Toe het Naomi en haar twee skoondogters klaargemaak om uit Moab na Juda toe terug te trek.
Afrikaans 1933/1953
het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.
Afrikaans 1983
Toe sy verneem dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle 'n goeie oes te gee, het sy en haar skoondogters klaargemaak om van Moab af terug te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het toe gereedgemaak om met haar skoondogters terug te keer uit die gebied van Moab, want sy het daar in die gebied van Moab gehoor dat die Here na sy volk omgesien het deur vir hulle brood te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hoor Naomi die Here was weer goed vir sy volk, Hy het vir hulle reën gegee, en daar was weer kos in hulle land. Sy en haar twee skoondogters het gereedgemaak om terug te gaan uit die land Moab.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Rukkie later het Naomi, wat nog steeds in Moab gebly het, gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda en dat daar weer genoeg kos was. Sy en haar skoondogters besluit toe om terug te gaan na haar eie land.