Ruth 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: Gaan, gaan terug, elkeen na haar moeder se huis; die HERE bewys julle goed soos julle ook aan die dooies en aan my gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Naomi sê toe vir haar twee skoondogters: “Moenie verder saam met my gaan nie. Gaan liewer terug na julle ouerhuise toe. Mag die Here julle beloon vir die liefde wat julle aan my en my seuns betoon het.
Afrikaans 1933/1953
sê Naomi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.
Afrikaans 1983
Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan na julle ouerhuise toe. Mag die Here sy liefde aan julle bewys, soos julle aan die oorledenes en aan my liefde bewys het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan, elkeen na haar ma se huis. Mag die Here julle goed behandel soos wat julle die oorledenes en my goed behandel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Naomi het vir haar skoondogters gesê: “Julle moet teruggaan na julle ma’s se huise. Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle, soos julle goed was vir my oorlede seuns en vir my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
sê Naomi vir haar skoondogters: “Gaan liewer terug na julle eie ouerhuise toe. Mag die Here julle met sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans.