Ruth 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE gee julle dat julle rus kan vind, elkeen van julle in die huis van haar man. Toe soen sy hulle; en hulle het hul stem verhef en geween.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die Here weer vir julle elkeen ’n man en ’n huis gee.” Toe sy van hulle afskeid neem, het hulle in trane uitgebars.
Afrikaans 1933/1953
Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
Afrikaans 1983
Mag die Here vir julle elkeen weer 'n goeie man en 'n heenkome gee.” Toe sy van hulle wou afskeid neem, het hulle begin huil
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here gee dat julle elkeen 'n tuiste vind in die huis van 'n man.” Toe het sy hulle gesoen, maar hulle het hardop begin huil
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat die Here weer vir julle elkeen 'n man sal gee in wie se huis julle veilig kan woon.” Naomi het hulle gesoen, maar toe begin hulle huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ’n goeie huweliksmaat sal gee.” Toe sy hulle groet, het hulle begin huil