Ruth 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Naomi het 'n bloedverwant van haar man gehad, 'n sterk man van welstand, uit die geslag van Eliméleg; en sy naam was Boas.
Afrikaans (NLV) 2011
In Betlehem was daar ’n welgestelde, invloedryke man met die naam Boas. Hy was familie van Naomi se man, Elimelek.
Afrikaans 1933/1953
En Naomi het 'n bloedverwant gehad van haar man se kant, 'n vermoënde man, uit die geslag van Elim,leg, wie se naam Boas was.
Afrikaans 1983
Naomi het 'n vermoënde familielid gehad van haar man Elimelek se kant af. Sy naam was Boas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Naomi het aan haar man se kant 'n familielid gehad, 'n vermoënde man uit die geslag van Elimeleg met die naam Boas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was 'n man wat familie was van Naomi se man Elimelek. Die man was ryk en sy naam was Boas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In Betlehem was daar ’n bekende en invloedryke man met die naam Boas. Hy was familie van Naomi se man, Elimeleg.