Ruth 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe val sy op haar aangesig en buig haar na die grond en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat U my sou leer ken, aangesien ek 'n vreemdeling is?
Afrikaans (NLV) 2011
Rut het diep voor hom gebuig en hom gevra: “Hoekom is u so goed vir my dat u my uitsonder terwyl ek ’n buitelander is?”
Afrikaans 1933/1953
Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek 'n vreemdeling is?
Afrikaans 1983
Rut het diep gebuig voor Boas en gevra: “Waarom is u so goed vir my en stel u belang in my, in 'n buitelander?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Rut kniel toe, buig vooroor met haar gesig teen die grond en vra vir hom: “Waarom is u so goed vir my? U gee vir my om, en dit terwyl ek 'n buitelander is?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Rut het laag op die grond gebuig en sy het vir Boas gesê: “Hoekom is jy so vriendelik met my? Hoekom praat jy met my? Ek kom uit 'n ander land.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Rut het baie beleefd dankie gesê. “Maar,” vra sy toe vir hom, “hoekom is u bekommerd oor my? Ek is tog maar net ’n vreemdeling hier.”