Ruth 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Boas antwoord en sê vir haar: Dit is my ten volle geopenbaar alles wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het sedert die dood van jou man, en hoe jy jou vader en jou moeder en die land van jou geboorte verlaat het, en het gekom na 'n volk wat jy nie van tevore geken het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Boas antwoord haar: “Ek het gehoor van al die liefde en goedheid wat jy ná die dood van jou man aan jou skoonma betoon het. Ek het gehoor dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het om hier tussen vreemde mense te kom woon.
Afrikaans 1933/1953
En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het ndie dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.
Afrikaans 1983
Boas antwoord haar toe: “Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boas antwoord haar: “Ek is goed ingelig oor alles wat jy vir jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man: dat jy jou vader, jou moeder en jou geboorteland verlaat het en dat jy na 'n volk gekom het wat jy nie voorheen geken het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Boas vir Rut: “Die mense het vir my alles vertel, hulle het vir my vertel wat jy vir jou skoonma gedoen het nadat jou man dood is. Ek weet jy het weggegaan van jou ouers en jou land en jou familie en jy het na mense toe gekom wat jy voorheen nie geken het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Boas sê toe vir haar: “Ek het gehoor van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het ná jou man se dood, dat jy bereid was om jou ouers en jou geboorteland prys te gee om hier saam met haar tussen ’n klomp vreemde mense te kom bly.